Kruisig die vlees

Ek lees vanoggend Amos en kom net opnuut tot die volgende besef: ons moet ophou om met God te speel. Ja, Hy is ‘n God van liefde, maar dit stop nie net daar nie. Dit help nie ons boks Hom in ‘n teddiebeer-boks en kyk die res van Sy karakter mis nie.

Na Jesus het dinge verander, maar die ou Testament dien steeds as ‘n tipe spieëlbeeld vir ons: riglyne en lesse wat ons nogsteeds moet ernstig opneem.

Amos was ‘n gewone ou. God het besluit om hom te gebruik om profesie te lewer en hy het nie gestry nie. Hy het nie trots rond geloop en gesê dat hy profeet Amos was nie. Inteendeel, toe die religious mense vir hom gesê het dat hy op ‘n ander plek moet gaan lewe maak as profeet het hy gesê dat hy nie ‘n profeet was nie en net gedoen het wat God vir hom gesê het.

In daai tyd het God se volk gehanna-hanna met selfambisie en dooie religion. Hulle eie koninkrykie gebou. En toe moes God ‘n doodgewone ou oprig, sonder ‘n geleerdheid, omdat Hy geweet het dat hy gehoorsaam sou wees. Die religious mense het dit nie goed opgneem nie. Trots, seker. Want hoe durf ‘n nobody só ‘n belangrike werk doen en dit nogal waar die belangrike mense ‘kerk’ gaan.

Amos se boodskap was eenvoudig – hou op verkeerd doen en begin reg doen. Hou op ‘klein’ sondes mis kyk en dan nog hoop vir oordeelsdag sodat die vyande kan hop. Want God het gesê dat dit juis Sy mense was wat sou hop!

Ek ervaar net weer crucify the flesh baie sterk. Was die kruisiging lekker of gemaklik? Nee. So as ons ons vlees kruisig gaan dit ook seer en ongemklik wees. Maar dit moet gedoen word. Want na Jesus se dood en opstanding het Hy die Christus geword. Wat ‘n goeie parallel voorstel: nadat ons, soos Jesus, ons kruis opgetel en die vlees gekruisig het, sal ons wérklik Christ-like wees.

Ons sal nooit regtig kan ophou sleg doen en begin goed doen as ons nie die vlees kruisig nie.

(Vlees kruisig: the lustful desires of the flesh. Works of the flesh. Gal 5:19-21)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s