Profetiese kuns in die kerk

Deesdae raak Christelike kuns ál gewilder. Maar wat is profetiese kuns en hoekom is dit so ʼn waardevolle bediening in die liggaam van Christus?
Hetsy die kuns van skilder, sang, skryf, ontwerp, dans, ens. – enige kunsvorm wat deur God se Gees geïnspireer is en Sy hart as kern daarvan het, staan bekend as profetiese kuns.
Of ons nou skilderye verf van visoene of drome wat ons gekry het (of selfs net beelde wat vassteek in ons gees) of liedjies en stukke skryf met woorde wat die Heilige Gees in ons hart gesit het – dit dra alles die salwing van God, vir Sy verheerliking.
Maar baie keer hoor ek mense sê: “Ek het nie ʼn kreatiewe haar op my kop nie,” en dan is my antwoord altyd dieselfde: “Ons is almal in God se Beeld geskape en die eerste ding wat Hy gedoen het was om te skep. So ons almal het ʼn mate van skepping in ons – party net groter mates as ander”.
En dan hoor ek ander sê: “Ek wil so graag skilder, maar ek suck daarmee” of “ek kan net stokmannetjies teken”. Wel, as jy iets probeer uitdruk op doek of papier wat die Heilige Gees in jou hart geplaas het, sal dit eenvoudig net ʼn baie anointed stokmannetjie wees.
Elke stuk profetiese kuns kom met ʼn ‘Heilige Gees filter’. Sy Gees gaan saam met elke skepping en Hy interpreteer die spesifieke stuk werk vir wie ook al daarna kyk. Dit het die potensiaal om bevryding, genesing en dieper insig (onder andere) te bring aan die een wat daana kyk.
Die voordele van kuns is nou al so baie bewys – dit verlaag stresvlakke, is ʼn baie sterk beradings tool vir mense wat deur trauma of ʼn moeilike tyd was, die lys gaan aan en aan. Dit is dan nie net waardevol vir die persone wat daarna kyk nie, maar ook dié wat dit skep. Dit vorm ook ʼn diep intimiteit met God omdat dit so sterk onder Sy salwing geskied.
Kuns as bedieningsvorm word darem al in ʼn paar kerke erken, maar nog nie heeltemal verstaan deur almal nie. Dis so ʼn spesiale, unieke en waardevolle bediening om te hê en ek wil kerk leiers aanspoor om meer navorsing te doen daaroor en dit by te voeg by hul gemeentes.
ʼn Goeie Suid-Afrikaanse naslaan boek is Dr. Helette Louw se boek, Prophetic Art: Where Spirit meets art…God Speaks. Dis ʼn in-diepte samevatting oor die profetiese, wat dan ook kunsvorm insluit.
Profetiese kunstenaars kan aansluit by die Facebook-gemeenskapsblad, Christian Prophetic Artists in South Africa.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s