Om vas te byt

Ek het gister die volgende woorde van Havilah Cunnington gelees: “What the enemy cannot take away from you, he will try to convince you to give away”. Dit het my diep getref. Soms hou ons al vir jare lank vas aan beloftes van God af wat net nie in die nature lyk of dit ooit gaan manifesteer nie. Ons bid en warfare vir die langste tyd en dan kom ons tot op ‘n punt waar ons net wil opgee. Dis hiér waar die kruispad is tussen wat die vyand steel en wat ons weggee. Moes ons langer vasgebyt het?
Soms is dit moeilik om vas te byt en aan te hou glo. Soms wíl ons opgee. En soms gee ons op. Dit raak naderhand net te pynvol om aan te hou hoop terwyl dit voel of ons in ‘n diep gat sit sonder die vermoë om die lig aan die bokant te sien. In hierdie gat is dit waar ons geloof tot op die maksimum getoets word. Aan die ander kant – om op te gee is nie noodwendig ‘n doodsvonnis nie. Maar om aan te hou warfare mag ons dalk net oor die wenstreep dra.
Ek weet nie of jy al ooit gebattle het met iets wat God jou gevra het of van jou verwag nie – dalk is dit ‘n groot droom, die hoop op ‘n lewensmaat, ‘n moeilike huwelik, kinders wat weggedraai het van God af, of wat ook al. Maar as jy al hier was, sal jy kan terugkyk en ‘n idee hê van of dit die moeite werd was om aan te hou vasbyt, of om op te gee. Vandag is ‘n nuwe dag en moet ons weer besluit of ons ons laaste bietjie krag gaan bymekaarskraap en dag vir dag aanhou glo/hoop, en of ons gaan opgee.
Die wonderkuur vir ‘n moeë hart wat net nie meer wíl nie, kan nie gevind word in iemand se mooi woorde nie. Dit word gevind diep binne ons, dáár waar ons glo in wonderwerke.

One thought on “Om vas te byt

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s