Swaai jy met ‘n stukkende tou?

2017-06-22 09.00.47

Hoe baie hoor ons nie: “take a leap of faith”? Dit klink na so ‘n wonderlike brokkie raad om te ontvang. Maar soms vat ons premature leaps en dan werk dinge nie uit nie en blameer ons God daarvoor. “Hoekom Vader? Ek het mos geglo?”

Wanneer ons belangrike of lewensveranderende besluite neem, moet ons seker maak dat waarheen ons wil gaan of wat ons wil doen, dít is waar ons moet wees en saam met wie. Teveel keer besluit ons oorhaastig om ‘n ding te doen en dan maak ons ‘geloof’ en ‘taking a leap’ ons dryfkrag. Ja, as ons gloof het soos mosterdsaadjies kan ons berge versit. Ons lees op ‘n hele paar plekke in die Bybel van geloof, maar nêrens staan daar geskrewe dat ons oorhaastig moet wees, op ons eie verstand moet leun of besluite moet maak sonder dat ons God genader het tot ons vrede het daaroor nie.

Want om in ‘n situasie te wees waar jy ‘n leap of faith moet vat is soos om op ‘n droë berg te staan. Jy sien en voel die droë gras onder jou voete en jy weet net dat jy moet wegbeweeg na groener weivelde. Jy kyk uit in die verte en daar sien jy ‘n mooi groen berg. ‘n Geloofsprong is soos om aan ‘n tou vas te gryp wat uit die hemel hang en te swaai na die berg aan ander kant. As die omstandighede en die tydsberekening reg is, kan die swaai nogal effortless lyk. Maar indien dit nie die regte ding is nie…

Die geloofstou kom perfek uit die hemel uit, maar wanneer hy die aardsdimensie tref (waar jy ‘n fisiese keuse of aksie moet maak), moet Goddelike direksie en suiwer geloof hom heel hou sodat hy sterk genoeg is om jou veilig aan die ander kant te kry. Maar wanneer ons nie ‘n saak heeltemal met God uitgeklaar het, die tydsberekening verkeerd het of nie duidelikheid gekry het oor wat ons regtig moet doen nie, veroorsaak die klein spatseltjies twyfel dat die tou in hierdie dimensie begin uitrafel. En wanneer jy begin swaai na die ander kant toe, breek die tou en jy val in die donker vallei wat die ou berg en die nuwe berg skei. En dit is in hierdie vallei waar jy begin vra “hoekom het God my verlaat” en “ek het dan so hard geglo”.

Dan begin jy wonder of geloof jou regtig iewers kry in die lewe. Jy glo mos dan en dan werk nie dinge uit nie, so what’s the use? Hierdie vallei kan uitmergelend wees op jou siel en denke, maar net jy kan besluit hoe lank jy hierin wil bly. Sodra jy stil raak en vra hoekom dit nie uitgewerk het nie, sal jy kort voor lank jou antwoord kry. En soms kry jy nie jou atwoord nie. Maar dis ook ‘n deel van ons stap met God wat ons moet aanvaar.

Wanneer jy gereed is om weer jou arm na God it te strek en Hom te vra om jou uit die vallei te help, gooi Hy vir jou ‘n ander tou. Maar omdat die groen berg hoog is en jy nie meer op die momentum van die swaaiende tou kan staatmaak nie, moet jy daardie tou vat en die groen berg begin uitklim. En om ‘n berg te klim het jy sekere dinge nodig: die regte kleredrag, ‘n kompas/kaart/rigtingaanwyser, energie en stamina, die regte mindset en die wil. (Ja, soms wil mense net in die vallei kamp opslaan en daar bly murmureer.) En God het hierdie dinge reeds vir jou in plek gesit: jou kleredrag is die wapenrusting, jou kompas die Woord, energie en stamina uit Jesaja 40:31, Fillipense 4:13 en Nehemia 8:10 (om net ‘n paar te noem), jou mindset uit 2 Kor 10:5 en jou wil uit jou vrye keuse (want God forseer jou nie).

Sodra jy voorberei het om hierdie berg te klim, vat jy die tou en begin jy klim. Aan die begin is dit oraait, want jy het nog al jou kragte en moed. In die middel begin jy moeg raak en dinge dink soos “hoekom moet dit so moeilik wees” en net voordat jy bo is, voel dit amper of jy wil opgee. Jy is moeg, jy sweet, en jy wil net nie meer nie. Maar soos die spreekwoord lui: it is darkest before dawn. As jy net daardie paar treetjies kan vasbyt sal jy jou deurbraak kry en jou eindbestemming bereik. En dan staan jy op daardie groen berg en kyk met ‘n smile af na die vallei. Want jy het nooit gedink jy sou uit dit kom nie, maar jy het. En dit was nie maklik nie, want dit vat nie courage om deur maklik te kom nie.

Neem vandag die volgende les hieruit – soms maak ons verkeerde besluite. Ons is excited oor iets en laat emosie ons logiese denke override, die nood is so groot dat ons dink daar is geen ander uitweg nie of ons het ‘n droom in ons harte en wil nie langer wag nie – so dan maak ons besluite wat op daardie oomblik goed klink, maar in die kort- of langduur horribaal uitdraai of flop. Ons neem ons saak net tydelik na God toe of ons neem Hom nie eers in ag op die besluit nie, want geloof is mos Goddelik genoeg. Maar dan werk dinge nie uit nie. Hier moet ons besluit of ons God, onsself of ander virewig die skuld gaan gee vir die mislukking, en of ons gaan opstaan en Hom vra om ‘n ander tou uit te gooi, al ons moed bymekaar skraap en die berg begin klim.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s