Hoe die gees van verwarring en –perversie saamwerk

between-1815722_960_720

Die laaste tyd is wragtig crunch time vir Christelike leraars. Nie net word hulle woorde uit konteks geruk nie, maar word nuwe woorde in hulle monde gesit en die vieslikste dood oor hulle uitgespreek.

(Ek kan self ook hiervan getuig, want ek het onlangs ‘n paar dinge geskryf wat totally uit verband geruk was. En ek kon dadelik agter kom uit die comments dat dieselfde gees aan die werk was uit die verskeie oorde. So ek het as gevolg daarvan ‘n tekortkoming geïdentifiseer en besluit om die fear of man agter my te sit. My hart gaan net uit na die mense wat op sulke grootskaalse publieke platvorms uitmekaar geskeur word oor die feit dat hulle nie God se Woord gaan pervert nie.)

Eerstens operate die gees van verwarring sodra mense iets begin lees of hoor. Hierdie gees is baie maal ‘n outside influence – menende dat die persoon nie noodwedig beset word deur ‘n bose mag nie. Ons weet dat ons battlefield in ons gedagtes is, so hierdie gees val ons gedagtes aan. Ons kan ‘n elle lange boodskap kry, maar net ‘n sin of twee word onder die mikroskoop gesit. Dan lees ons daardie een of twee sinne heeltemal uit konteks uit en maak ‘n totale nuwe gevolgtrekking.

Die gees van perversie is die een wat hierdie informasie so uit beheer uit twist. Mense dink baie dat perversie net operate in die sin van seksuele perversie, maar die ding is dat perversie veel verder strek as dit. As mens die definisie van perversie bestudeer, is dit duidelik dat dit beteken om iets in ‘n onaardse/onnatuurlike manier te draai. En om iemand se woorde uit konteks te neem is om dit te pervert.

Die sad ding is dat dit weereens ons, Christene, is wat mekaar so uithaal. Dis óns wat in die naam van ons Christenskap dood spreek oor hierdie mense! Die goddeloses kan mens verstaan maar gelowiges behoort van beter te weet.

Die lank en die kort van die saak is dat God se Woord nou maar so is. Ons kan nie dinge gaan twist en aanpas soos wat dit vir ons sosiaal aanvaarbaar is nie. Want dan begin ons ‘n nuwe geloof. En as daar van ons is wat ‘n nuwe geloof wil begin, dan moet ons so maak en die Bybel laat staan vir Christene wat daarby wil hou – hoe moeilik dit ook al mag wees.

Die snaakksste ding is dat soveel goddeloses inspring en Christelike leraars aanval. En dan volg die Christene maar. Wat het geword van “Be not conformed to this world”? As goddeloses nie wil glo wat God swart op wit in Sy Woord sit nie, hoekom is hulle so gepla om dit wat ons glo aan te val? As ons in hulle plekke van beweging ingaan en hulle met klippe wil gooi, dan is dit logika dat hulle op die attack sal wees. Maar hoekom betree hulle ons grondgebiede en begin marakas maak? Ons is veronderstel om te weet dat Satan nie van die waarheid hou nie en dat goddeloses God se koningkryk wil afbreek. Maar in plaas daarvan om die Gees van onderskeiding te hê, volg ons maar net blindelings wat hulle sê, sonder om bietjie ons eie navorsing te doen en te bid oor sekere sake voordat ons uitsprake maak. En selfs as ons na al ons navorsing en gebed besluit dat iemand verkeerd is, is die regte, Goddelike manier nie om daardie persoon uit te skel en vloek nie. Mense moan oor die ‘liefde en aanvaarding’ ding, maar waar is húlle liefde en aanvaarding as hulle besluit dat hierdie Christelike leraars nou die pot mis sit??

God sê dat ons alle mense lief moet hê. Mense. En Hy sê ook baie duidelik wat Hy haat. So as Hy so sê, wie is ons om Hom te override?  Indien die Christelike geloof se riglyne nie vir jou werk nie, moet jy besluit of jy gaan eenvormig word aan Christus, of die wêreld. En dan moet jy vrede maak daarmee en stick daarby.

“God will be your vindicator,” sê die Woord. So om iemand aan te val omdat hulle weier om die Woord te verdraai is nie om hulle in hul persoonlike kapasiteit aan te val nie. God sal self vir hulle veg. En dit is nie ‘n maklike ding om te kop om God Homself aan te vat nie.

Christene, gelowiges, kinders van God: ons moet besluit vir watter span ons bat want ons kan wragtig nie aanhou om ons eie spanmaats uit te boul nie.

 

 

4 thoughts on “Hoe die gees van verwarring en –perversie saamwerk

  1. Jy laat my skaam voel. Ek lees op sekere blogs hoe persone uitmekaar getrek word, mense wat net eerlik God se Woord herhaal. En dan besluit ek om liewer verby te hou en geen kommentaar te lewer nie. Jy is reg, ‘fear of man”.

    Liked by 2 people

    1. Ja dis bitter hartseer. En dan sê hulle dinge soos “hy/sy laat my skaam voel om te sê eks ‘n Christen”. En o wee, sê net iets daaroor en jy is ook in die vet. My tweede laaste Finesse blog het ‘n rekord aantal comments gekry júís omdat ek opgekom het vir ‘n medegelowige. Maar ja, the fear of man het my al vierkantig in die oë gestaar en toe besluit ek net otherwise. Dankie vir jou comment xx

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s